Slegs in fisiese druk beskikbaar
Prys sluit BTW, verpakking en posgeld in
R450.00
80 in stock
Slegs in fisiese druk beskikbaar
Prys sluit BTW, verpakking en posgeld in
80 in stock
Suster Lilian se swangerskap – en geboorteboek rus jou toe met alles wat jy wil weet omtrent swangerskap en geboorte. Dit sluit in hoe om die gesondste moontlike baba in die gunstigste omstandighede te verwek, gee insig in die swanger vrou se liggaamlike en emosionele veranderinge en lig lesers in hoe om die algemene klagtes en kwale van swangerskap die hoof te bied.
Lees ook wat om te doen in die geval van emstiger siektetoestande en komplikasies, volg Suster Lilian se volledige voedingsgids en oefenplan vir die swanger vrou en kry insig hoe om die beste uit al die beskikbare geboorteopsies te kies. Sy kombineer optimale mediese veiligheid met die voordele van n meer natuurlike benadering, gee antwoorde op al die algemeenste vrae oor swangerskap en geboorte en sluit af met wenwenke vir die versorging van die pasgebore baba.
Hierdie boek is verwagtende ouers se betroubaarste metgesel en raadgewer voor, tydens en na swangerskap.